Wat is die SCORPIO-PEP-studie?

Ten spyte van globale COVID-19-inentingpogings, het verskillende variante van SARS-CoV-2 verskyn. Hierdie nuwe vorms van die virus kan makliker versprei en entstofbeskerming verminder. Daar is risiko van erge siekte, hospitalisering en sterfte by mense wat ingeënt is wat onderliggende mediese toestande het. Nuwe behandelings word benodig om die verspreiding van COVID-19 te voorkom.

Die SCORPIO-PEP-studie word gedoen om meer te wete te kom of ’n ondersoekmedisyne, S-217622, COVID-19 kan voorkom by diegene wat daaraan blootgestel word.

Verstaan die SCORPIO-PEP-studie

Kyk hierdie video om meer te leer oor die SCORPIO-PEP-studie.

Verstaan kliniese proewe

Kliniese studies is tipes navorsingstudies wat gedoen word om meer te wete te kom oor hoe die liggaam op ’n sekere intervensie reageer en of daardie intervensie vir ’n spesifieke siekte of mediese toestand werk. Kyk hierdie video om meer te leer oor kliniese proewe en hoe dit werk.

Kyk na die video

Wie kan deelneem?

Daar is twee tipes individue wat by hierdie studie kan aansluit.

Deelnemers

is diegene wat:

Icon of a large purple 12 with an orange circle around it, Age Requirement

12 jaar of ouer is

Icon of a Covid-19 virus in a purple and orange gradient, Negative Covid-19 Test

’n Negatiewe COVID-19-toets het

Icon of a purple house with an orange door and window, Agree to join within 72 hours of Covid-19 symptoms

Instem om by die studie aan te sluit binne 72 uur na die begin van COVID-19-simptome by die indekspasiënt

Icon of a piece of paper with lines on it represents an eDiary; Complete daily eDairy entries

Bereid is om ’n pasiëntdagboek te voltooi

Indekspasiënte

is diegene wat:

Two icons of people represent children and adults are able to be index patients for the Scorpio-Pep Study

Kinders of volwassenes van enige ouderdom is

Icon of a purple house with an orange door and window, Agree to join within 72 hours of Covid-19 symptoms

Die eerste persoon binne die huishouding was wat positief met COVID-19 getoets is

Icon of a Covid-19 virus in a purple and orange gradient, Positive Covid-19 Test 72 hours or less after randomization

’n Positiewe COVID-19-toets binne 72 uur van verewekansiging van die deelnemer het

Icon of a purple and orange clock, 1 Covid-19 symptom within 24 hours of consent or assent

Ten minste 1 COVID-19-simptoom het binne 24 uur nadat instemming/toestemming verskaf is

Vind ’n studiesentrum.

Wat is die voorkomende behandeling?

Die voorkomende behandeling wat bestuur word is S-217622. S-217622 is ’n mondelikse terapie wat per mond vir 5 opeenvolgende dae geneem word.

Geen voorkomende behandeling sal vir indekspasiënte toegedien word nie.

Daar sal twee behandelingsgroepe vir deelnemers in die SCORPIO-PEP-studie wees.

Illustration of a purple hand holding an orange pill, Group 1, S-217622

Groep 1: S-217622

Illustration of a purple hand holding an orange pill, Group 2, Placebo, no active ingredient

Groep 2: Plasebo

(geen aktiewe bestanddele nie)

Vind ’n studiesentrum.

Wat gebeur gedurende die studie?

Vir indekspasiënte is die studieduur ’n minimum van 1 dag en ’n maksimum van 3 dae.

Vir pasiënte bestaan die studie uit 3 dele: sifting, behandeling en opvolging.

Die studieduur is 28 dae met 7 of 8 studiebesoeke.

Siftingstydperk

Dag 1
1 besoek

U sal ’n vorm ontvang wat al die inligting oor die studie bevat. Vra asseblief die studiedokter of studiepersoneel oor enigiets wat u nie verstaan nie of verder verduidelik wil hê. As u/u kind instem om aan te sluit, sal u gevra word om ’n ingeligtetoestemmingsvorm te onderteken en dateer voordat enige toetse of prosedures uitgevoer word. Adolessente sal ’n ingeligte-instemmingsvorm onderteken en dateer. Gesondheidsondersoeke en -toetse sal uitgevoer word om te kyk of die studie reg is vir u/u kind.

Behandelingstydperk

Dae 1 tot 5
1 besoek

As die studie reg is vir u/u kind, sal voorkomende behandeling begin. Die eerste dosis van voorkomende behandeling sal by die studiesentrum op dag 1 geneem word. Alle ander dosisse sal tuis geneem word.

Deelnemers sal gevra word om hul COVID-19-simptome twee keer per dag tot en met Dag 28 in ’n dagboek aan te teken. Die dagboek moet elke dag op ongeveer dieselfde tye voltooi word.

Opvolgtydperk

Dae 6 tot 28
5 besoeke

Gedurende opvolg, sal daar bykomende gesondheidsondersoeke en -toetse wees om u veiligheid te monitor.

Gereelde Vrae

Watter tipe toetse en gesondheidsondersoeke kan ek verwag?

Nie elke toets sal by elke besoek gedoen word nie.

Gereed om te begin?

Kyk of u kiesbaar is vir die SCORPIO-PEP-studie of vind ’n studiesentrum naby u.

Vind ’n studiesentrum.

Vind ’n studiesentrum.

Wys 0 Resultate naby jou